My Study       
Benno Zuiddam

 
 

Hierdie week begin die Olimpiese Spele. Sedert ek met hierdie Graplys begin het, het die Olimpiese Spele dan reeds vier keer plaasgevind. Ek begin met twee goeie grappies van PierreH, en dan herhaal ek 'n paar Olimpiese grappies uit ons argief:


In 'n kerk een Sondagoggend in Limpopo sê die predikant dat enigeen met 'n spesiale behoefte, wat wil hê hulle moet vir hom bid, asseblief vorentoe moet kom. Dadelik kom Julius vorentoe. Die predikant vra: 'Julius, what do you want me to pray for?' Waarop Julius antwoord: 'Preacher, I want you to pray for my hearing.' Die predikant plaas een vinger van een hand in Julius se oor, plaas sy ander hand bo-op Julius se kop, en toe bid hy en die hele gemeente entoesiasties saam. Ná 'n paar minute vat die predikant sy hande weg, staan terug en vra harderig, 'Julius, how is your hearing now?' Julius antwoord: 'I don't know yet. My hearing is only next Thursday.'

* * *

Die eggenoot skakel dringend na Hotelbestuur vanaf sy kamer. 'Asseblief kom vinnig, ek het 'n argument met my vrou en sy sê sy sal uit die hotel se venster spring!' Die bestuurder, wat al vantevore met sulke goed te doen gekry het, antwoord: 'Meneer, dis 'n persoonlike saak. Ons mag nie inmeng nie.' Waarop die eggenoot skree: 'Idioot, die venster wil nie oopgaan nie! Dis 'n onderhoud-saak !'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

In die vorige Olimpiese Spele het geen Kubane deel geneem aan die
Roei- en Swem-items nie. Hoekom nie?? Want almal wat kan roei
of swem is klaar in Amerika!!

* * *

1999: Verwerk vanaf 'n bydrae van JohanF:

Veronderstel die Olimpiese Spele sou WEL in Kaapstad plaas
gevind het. Wat sou die koerantopskrifte gewees het?

* 'Ethiopiese paalspringer weggewaai deur Suid-Ooster'

* 'Bendelede protesteer. Wil toegelaat word tot skyfskiet'

* 'Bergie neem met wieldop aan diskus deel'

* '150 Goue medaljes gesteel. Polisie stel ondersoek in.'

* 'Spele is 'n kapitalistiese sameswering' - Shilowa

* 'Mbeki bevry twee duisend gevangenes ter viering van Olimpiese Spele'

* 'Plakkers beset Olimpiese Dorp' (Uitsettingsbevel binne twee jaar verkry -
Minister)

* 'Organisasie van Spele misluk. Minister sê dis apartheid se skuld'

* 'Boesak aangewys as Trustee van Olimpiese Fonds'

* 'Winnie se creche aangewys om na kinders van atlete om te sien'

* 'Pagad-lede steel afsetter se pistool'

* 'Steve Tshwete kla omdat Sweedse medalliste nie swart is nie'

* 'Blanke atlete gaan pakket ontvang'

* 'Russiese span buite aksie na besoek aan Oude Meester-kelder'

* * *

2003: Eksameflaters


* Die Grieke was 'n hoogs gekulde veervolk en sonder hulle sou ons nie 'n geskiedenis gehad het nie. Die Grieke het ook mites gehad. 'n Mite is 'n motwyfie.

* Sokrates was 'n beroemde Griekse wydsheid wat rondgeloop en mense raad gegee het. Hy is dood aan 'n oordosis willekeur. Ná sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en disnis gegooi.

* * *


Die olimpiese spele is aan die gang. Mense is baie bekommerd oor die lugbesoedeling in Sjina. Vroeer hierdie week het 'n lid van die Internasionale Olimpiese Komitee gesê die dampe in Beijing is nie besoedeling nie, dis mis. Toe sê hy: 'Sorg net dat die mis nie in jou oë of longe kom nie.' - Conan O'Brien

* * *

Die regering van Sjina het aangekondig dat tydens die Olimpiese Spele,
restaurants verbied word om hondevleis te bedien. Wat nuwe betekenis gee
aan die uitdrukking 'Kietsie Kietsie'. - Conan O'Brien

* * *



Die Olimpiese Spele is aan die gang. Sjina het aangekondig dat
protesteerders beperk word tot 'aangewese protes-areas'. Of, soos hulle ook
bekend is in Sjina, 'tronke'. - Conan O'Brien

* * *



Allemaal Belgen staan op het station. Ze staan allemaal te juichen. Komt er
een Nederlander langs die vraagt: 'Waarom staan jullie allemaal te juichen?'
Zegt een Belg: 'De Olympische zwemploeg komt terug.' Vraagt de
Nederlander: 'Wat hebben ze gewonnen, goud, zilver van brons?' Zegt de
Belg: 'Niks maar er is er geen één verdronken!'

* * *

2008: Van ManuB:

* Zijn er op de Para Olympics parkings voor niet-gehandicapten?

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit http://www.gdargaud.net:

Galgehumor:

'Afgesien daarvan, mev. Lincoln, hoe het u die toneelstuk geniet?'

* * *

'Iemand vra my watter drie goed ek sou red as my huis aan die brand
is. Ek sê my kat, my akkedis en een van my tweeling.' - Ricky
Gervais.

* * *

'Een van my geliefkoosde speletjies toe ek 'n kind was, was
'moord/selfmoord'. Pappie sou ons 'n foto wys en vra: 'Is dit 'n moord
of 'n selfmoord ?'' - Colleen Doran.

* * *

''n Moordenaar is net 'n ekstroverte selfmoordenaar.' - Monty
Python.

* * *

''n Mens behoort jou vyande te vergewe, maar nie voor hulle gehang
word nie.' - Heinrich Heine (1797-1856).

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~



Een man is met zijn vrouw bij de dokter die hem vertelt dat zijn
echtgenote een stofwisselingsziekte heeft. 'Dat klopt...' zegt de man,
'... ze koopt elke week nieuwe kleren!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van RonaldR:

Een oud manneke in Roosendaal ging naar de kapper om zijn haar te laten
knippen en zich te laten scheren. Hij zei tegen de kapper: Ik kan mijn
bakkebaorde nie goed daar af halen want ik eb teveul riempels. Geen
probleem zei de kapper en hij haalde een klein houten balletje van de plan k.
Doe dat maar in je mond zei de kapper. Het manneke deed dat en de huid
van zijn wangen kwam mooi glad te staan. Toen de kapper klaar was zei het
ouwe manneke: `da waar de gladste scheerbeurt die ik in jaore em gehad
mar ben bietje gevaorluk vin ik het wel, ik aar da balleke wel in kunne slikke.
Dat is geen probleem hoor zei de kapper. Dan had je het na een paar dagen
gewoon terug kunnen brengen, dat doen ze allemaa!...

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede, ook aangestuur deur RonaldR:

In het leven moet men kiezen tussen geld verdienen en het uitgeven ;
voor beide tegelijk heeft men geen tijd ( Edouard Bourdet )

* * *

Een verrader is een politicus die zijn partij verlaat om lid te worden
van een andere. Een bekeerling integendeel is een politicus die zijn
partij verlaat om lid te worden van de uwe ( Georges Clemenceau )

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Versreëls,

toe ek uitloop
loop iemand in
toe ek tuiskom
neem iemand afskeid

Wessel Pretorius 'Laatnagvrese'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Kompliment ontvang:

Dankie vir jou grappe! Dit maak my dag en ook die oues van dae hier in
ons gemeente. Gebruik dit gereeld in ons maandblad.

---------------------------

 

Prof. Dr. Benno A. Zuiddam